Sommer iets van als oor Hanco & Sanmari

Thursday, 31 December 2009

Die ups en downs van 2009

Ek weet nie of dit nostalgie is, -of net om te kyk of ek (ons) nie te gek geword het die jaar nie. Hmm, persoonlik sal ek die nostalgie opsie kies.
Die jaar het afgeskop by Andies-hulle - Ma was in die Kaap by die Doepies. Ons het ook vroeg Januarie 'n draai op die plaas gemaak (Bosveld in Januarie = Gek - maar ek bly by die nostalgiese deel van die blog. Sanmari, Gert & Hantie en oom Willem moes bont staan om my koel te hou.
Chilli Cherry het talle koeke gebak, een wat vir my uitstaan is die Valentyns-gebak (dink Yakim en skool het op-ge-eindig met die een)
Maart was Jaco se 40ste. Kan dit nog steeds nie glo nie. Ek dink nou nog 40 is oud (no offence !)
April was 'n roller-coaster maand. My verjaarsdag, 'n baie belowende opsie om Aus toe te trek het gevou. Sanmari moes my in die hospitaal sit oor 'n blindederm wat wou bars. Ek moes met genade uitvind dat ek allergies is vir Pethedine.
Ek en Sanmari is verloof. Die dag was baie lekker (die paartie op Steynsvlei)
Ek was ook by oom Angus se plaas (MMC 2009) - die naweek was baie vervullend, ondanks die drama wat daar afgespeel het.
Sanmari het ook partytjie-borde geverf vir Tilana. Ek moes natuurlik die raadgewer wees - wat ek ook al van kuns of verf weet.
Einde Julie het ek werk in Aus gekry. My visa was net 'n formaliteit. Ons moes ook vir Mia verkoop (Sanmari se Polo vir die wat nie weet nie)
September maand was natuurlik die groot trek. Ek en Sanmari het in Northbridge in Perth tydelik in 'n backpacker huis gebly. Dit was definitief een van die 'most trying times' van my lewe. Op 5 Oktober het ons lewens hier in Perth stil gestaan. Ons moes oom Frikkie groet. Die werklikheid van die vreemde was nog nooit so tasbaar nie.
Ons nuwe permanente adres in Perth is amper op die Swan rivier, net suid van die middestad. Net 'n 10min bus-rit in stad toe - en vêr genoeg om die stilte te waardeer.

Ons het nog baie min van die vreemde land gesien. In die nuwe jaar hoop ons om soveel meer te sien en te ervaar.
Ons hoop vir liefde en vrede en God se seen vir julle almal.

Liefde Hanco & Sanmari