Sommer iets van als oor Hanco & Sanmari
Thursday, 31 December 2009
Sunday, 18 October 2009
Kreepy-crawly blaas meesters
Julle weet, die Australiaanse inboorlinge (Aboriginal people) het die didgeridoo, die pyp ding wat hulle blaas. Ek weet nie hoe hulle die gat deur boor nie - maar dit maak seker nie saak nie - maar die ding maak 'n helse lawaai. Ek weet nie wat is dit met die liefde vir lawaai van pyp-blaas instumente nie. Kyk, daardie kreepy-crawly pyp blaas meesters klink nes vuvu-zela blaas meesters. Nie rerig 'n kompliment nie.
Groete
H
Saturday, 17 October 2009
Dis naweek en ons het gaan Zoo
Hi ammal,
Die weervoorspelling het goeie weer vir ons voorspel, en ons het besluit om te Zoo vandag. Sanmari wil net koalas sien. Ons is toe vanoggend Zoo toe. Die experience was soos om 'n Tripple-fudge Sundae met neute en als te bestel - en jy kry 'n rooi lollie. (O ja onthou dat ek julle van die millkshake episode vertel). Anyway, dit was 'n terleurstelling. Hulle het ten mintste een van alles. Al is die diere half dooi. Ons het in die hitte van die dag redelik vêr geloop - al die verskillende dier-zones besoek.
Van verre Afrika deur Asië na Australië. Die Zoo-shop het ook meer Afrika in as die Kruger-wildtuin. Ons het darem die befaamde killer Kangaroos gesien. (toegids wys na kangaroo foto)
Hulle doen heeldag niks en vreet wortels, nes hase. Dragtydperk is 30 dae - so hulle doen ander dinge ook nes hase.
Die skaam koala (een van al twee) in die dieretuin is hoog in die boom. ....eerrr.... of is dit nou hoog op boom. Die blare wat hulle vreet (Eucalyptus bloekom-blaar-us) word ingevoer Perth toe. Toergids wys na koala foto.
Dit is die koala-kangaroo - of lyk vir ons soos 'n kruising. Wollerige pels vir daardie koue winters-nagte. Toergids wys na .....die rooierige pels-dier in die foto.
Hier is sekerlik een van die hoogtepunte van die dag. Klein apies, met snorre soos julle nie kan glo nie. Ek wonder of hulle dit trim, en groom. Toergids vryf oor sy eie (denkbeeldige) snor
Skilpad - nogal 'n kneuwil. Seker so groot soos .... Ella. En hy poep nes Ella ook.
Toe hetdie dag begin baie warm word - en ons moeg, en dors. Die weer het 35 vir vandag voorspel. Ek dink hulle is nie vêr verkeerd nie. Marr die son is nie so vel soos die plaas se son nie. Ek het nognie saam met die water-skilpaaie in hulle dam geswem om af te koel nie.
Baie groete en liefde vir almal by die huis !
Hanco & Sanmari
Tuesday, 13 October 2009
Die nuus in Perth
Sunday, 11 October 2009
Rugby en Footy
Aussie les 101
Rugby is nie baie groot hier nie - meeste mense weet wat rugby is, maar die fokus is rerig op aussie footy. Vir 'n vinnige oorsig, kyk maar die video hier onder.
http://www.youtube.com/watch?v=d-PFRrJQtew
Die fans laat my dink aan sokker fans. Hulle is baie emosioneel oor die spel. Alles kom tot stilstand as daar 'n groot wedstryd is.
Van die reëls, kan ek julle min vertel - ek verstaan ook nie heeltemal die obejctives so goed nie. Sanmari is baie meer ingestel op hoe dit lyk en nie hoe die spel gespeel word nie. Opmerkings soos moffie-truie, hulle hardloop soos sprinkane, hulle hug mekaar heeltemal te veel word gehoor.
Ons het 'n lang pad as ons die spel moet leer verstaan.

Friday, 09 October 2009
Totsiens, Oom Frikkie
My familie groet vandag ons geliefde oom. Ons sal hom mis. Ons vind troos dat ons Hemelse Vader hom nodiger het as ons. Wie anders sal die teëls van ons huise in die hemel lê?
Ons sê dankie vir die tyd saam. 'n Beter voorbeeld van 'n familie-man sal ons nie weer sien in ons leeftyd nie. Ons gedagtes en herhinneringe is soet. Altyd reg met 'n glimlag, of 'n bietjie raad.
Totsiens, Oom Frikkie.

Monday, 05 October 2009
En so begin ons blog
Hi ammal,
Die sniffels het my onderlede. Ek is vandag vroeg van die werk af huis toe. Ons het darem die naweek so bietjie rustiger gevat. Geen meer huis jag (jag is die regte woord ja), of van die oggend tot die aand in die winkels lê nie. Net ge-chill. Ons het darem nou 'n beter internet connection. Alles hier is net op 24 mnde kontrakte. Weet nie of ons so lank hier in die woonstel sal bly nie.
Die mense hier is weird. Ons waag dit nie buite sonder lang moue en sambreel nie. Dit lyk my dis mode om die broekie so klein as moontlik te maak (girls & boys) en dan 'n basketball sweetpak top, met die kappie op. Die koppie moet toe, maar die bene moet kaal.
Zahn sal baie mooi inpas hier. Die girls kleur ook hulle hare alle kleure. (no offence). Hulle het sulke NZ chochies hier - Whittaker's - baie goedkoop en baie lekker - met 70% kakao. En Tim Tams. Dis snaaks hoe mens altyd aan jou maag dink as jy siek is.
Ons is nou amper heeltemal uitgesort hier. Ons het die naweek ons mediese fonds gekies. Ons het 'n semi-permanente adres, my werk is uitgesort. Nou kort ons net kuier-gaste. Ek moet sê - 'n blaar, vrug of boomtak van die Toyota-boom is ook op die lys.
Ons is so trots op Francois se groente tuin. Met eco-recycled reën water en als. Ek moes net seker maak Francois het genoeg pressure om so min moontlik elektriese pomp te gebruik ! :) Gebruik gerus die formule om druk te bepaal. (as jy nog jou NAS kan onthou, anders Google dit soos ek !)
Onder-aan is 'n foto wat ek die naweek geneem het. Dis die sonsondergang, geneem vanaf ons balkon oor die local supermark na die Swan-rivier toe.
Groete en liefde - Hanco & Sanmari

Subscribe to:
Posts (Atom)