Sommer iets van als oor Hanco & Sanmari

Monday, 05 October 2009

En so begin ons blog

Hi ammal,

Die sniffels het my onderlede. Ek is vandag vroeg van die werk af huis toe. Ons het darem die naweek so bietjie rustiger gevat. Geen meer huis jag (jag is die regte woord ja), of van die oggend tot die aand in die winkels lê nie. Net ge-chill. Ons het darem nou 'n beter internet connection. Alles hier is net op 24 mnde kontrakte. Weet nie of ons so lank hier in die woonstel sal bly nie.

Die mense hier is weird. Ons waag dit nie buite sonder lang moue en sambreel nie. Dit lyk my dis mode om die broekie so klein as moontlik te maak (girls & boys) en dan 'n basketball sweetpak top, met die kappie op. Die koppie moet toe, maar die bene moet kaal.

Zahn sal baie mooi inpas hier. Die girls kleur ook hulle hare alle kleure. (no offence). Hulle het sulke NZ chochies hier - Whittaker's - baie goedkoop en baie lekker - met 70% kakao. En Tim Tams. Dis snaaks hoe mens altyd aan jou maag dink as jy siek is.

Ons is nou amper heeltemal uitgesort hier. Ons het die naweek ons mediese fonds gekies. Ons het 'n semi-permanente adres, my werk is uitgesort. Nou kort ons net kuier-gaste. Ek moet sê - 'n blaar, vrug of boomtak van die Toyota-boom is ook op die lys.

Ons is so trots op Francois se groente tuin. Met eco-recycled reën water en als. Ek moes net seker maak Francois het genoeg pressure om so min moontlik elektriese pomp te gebruik ! :) Gebruik gerus die formule om druk te bepaal. (as jy nog jou NAS kan onthou, anders Google dit soos ek !)


Onder-aan is 'n foto wat ek die naweek geneem het. Dis die sonsondergang, geneem vanaf ons balkon oor die local supermark na die Swan-rivier toe.




Groete en liefde - Hanco & Sanmari

No comments:

Post a Comment